Die naam Simmentaler is afgelei van die Simmerivier- vallei (“tal” in Duits)
in Switserland, waar die ras ontstaan het. Die ras is ‘n afstamming van die Aurochs (Bos Taurus primegenius),
die inheemse beeste van Europa, en sy lae verwantskap met Seboe, Sanga- en Britse rasse maak dit die ideale
ras vir kruisteling weens verhoogte basterkrag. Simmentalers, en nie horlosies nie, was destyd

s Switserland
se belangrikste
uitvoer- produk.
In die periode 1900 tot 1929 word daar 150 000 Simmentalers per spoor
na buurlande en Oos-Europa uitgevoer waar daar ‘n groot aanvraag was vanweë die ras se
voortreflike driedoelige eienskappe, nl. melk, vleis en bruikbaarheid as trekdiere.
Die Wêreld Simmental-Fleckvieh Federasie (WSFF) is, naas die Holstein, die grootste internasionale
stoetbeesfederasie en Simmentalers word ook onder ander name soos Fleckvieh, Abondance, Pezzata Rossa,
Montbeliarde en Simmental geregistreer.
Die WSFF het in 1974 met onder andere Suid-Afrika
en Namibië as stigterslede tot stand gekom en vandag behoort 100 000 geregistreerde telers
in 28 lande met 15.3 miljoen aangetekende diere aan die Federasie.Koeie wat in moedereienskappe
uitblink word
met *, **, of *** sterre op die regestrasie sertifikaat, veilings katalogus en
www.simmentaler.org as elite of sterkoeie uitgewys.Die minimum getal kalwings is 4 (vir *)
5 vir (**) en 6 en meer vir (***). Voorts word minimum BLUP teelwaarde vereistes gestel vir
200-dae gewig en melk. Hierdie standaarde word jaarliks volgens die jongste ras gemiddeldes
aangepas en dooie koeie ontvang ook sterre aan hand van hul nageslag se prestasie.
Besonderhede van alle ster koeie is deur middel van die internet aan almal beskikbaar.
Op 'n Algemene Jaar Vergadering van die Simmentaler - Simbra Teler Genootskap van Namibie gehou op 2 April 2009 is Jacat
Stoeterye as die wenner in Namibie aangewys.