*** Veiling 17 Augustus 2012***14h00***Karoo Ochse Krale Gobabis***
Charolias bobaas vir vleis.
(Uitreksel uit Landbouweekblad, 25 Julie 2003)

In Fase E toetse het die Charolais gewys waarom hierdie ras as bobaas-vleis-bees bestempel word. In 'n fase E toets wat deur die Suid-Afrikaanse Landbounavorsingsraad se vleislabratorium by Irene gedoen is, het 'n groep van tien suiwer Charolais-bulletjies 'n gemiddelde charolais koeivoeromsetverhouding (VOV) van 4,74 behaal. In dieselfde toets was die gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) 2,3kg per dag sonder enige groeistimulante. Dit word algemeen aanvaar dat die VOV ongeveer drie maal belangriker is as die GDT vir wins in die voer kraal.Die presentasie kan baie moeilik deur ander rasse verbeter word. Sulke prestasies, saam met die karkas - en vleisgehalte-eienskappe, beteken net een ding, naamlik wins.

Verder het die Fase E toetse aangedui dat die Charolais ten opsigte van karkasgehalte gunstig met ander prominente vleisbeesrasse in Suid-Afrika vergelyk. Dit wys inderdaad dat die Charolais nie sy gelyke het nie, varal wat uitslag presentasie, karkassamestelling , been-tot-vleis verhouding en presentasie duur snitte betref. Die vleisgehalte van hierdie karkasse, soos gemeet aan sagtheid, die vermoe om goed te verouder, 'n gesonde laevet-inhoud, smaaklikheid en sappigheid is eweneens hoogstaande. HIerdie eienskappe maak die suiwer Charolias uiters geskik vir speenkalfproduksie.

 As kruisteelt-vaarras sal 'n mens baie ver soek om die Charolais se gelyke te vind. Die ras se voortreflike temprament en gemak waarmee die koeie kalf, word uitstekend oorgedra na sy kruiskalwers. Dit is 'n algemene gesegde onder kommersiele telers dat die Charlolais'n handrem aan die wildste moederlyn-kruiskalwers sit en groeikrag aan die mees beskeie groeiers gee.In gekontoleerde kruisteelproewe met 'n wye verskeidenheid kleinraam-moederlyne, het die Charolais op speenouderdom bewys dat die kruiskalwers maklik 20kg tot 50kg meer weeg as die kalwers van suiwer moederlynerasse.